{"id":9904,"date":"2021-01-07T15:40:34","date_gmt":"2021-01-07T13:40:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9904"},"modified":"2021-01-07T15:40:34","modified_gmt":"2021-01-07T13:40:34","slug":"covid-gevalle-styg-skerp-in-mpumalanga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-gevalle-styg-skerp-in-mpumalanga\/","title":{"rendered":"Covid-gevalle styg skerp in Mpumalanga"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>\ufeff<\/span>Die provinsiale gesondheidsdepartement s\u00ea korona-gevalle in Mpumalanga neem kommerwekkend baie toe.
\n\u2018n Totaal van 1 223 nuwe gevalle is gister, 6 Januarie, in die provinsie aangeteken. Dit is net \u2018n raps minder as die 1 419 nuwe gevalle wat in een dag tydens die piek van die pandemie in 2020, op 5 Augustus, bevestig is.
\nTans is daar 5 441 aktiewe gevalle, en 40 751 in totaal. Dit is 4 044 meer as \u2018n week gelede.
\nTussen 10 Desember en 17 Desember het 733 mense in Mpumalanga positief getoets vir die virus. \u2018n Week later, op Oukersdag, het dit met 1 354 vermeerder en met 2 623 die volgende week, tot 31 Desember.
\nTwintig mense is ook weens die virus die afgelope sewe dae dood: van hulle was 8 in die 24 uur voor die statistieke vir 6 Januarie bekendgemaak is.
\n\"\"
\nTydens die piek van die pandemie in Augustus was die meeste aktiewe gevalle in die provinsie op een slag 6 598.
\nLandwyd is daar vir die eerste keer meer as 800 gevalle in een dag aangemeld met die meeste nuwe gevalle ooit: 21 832.
\nDie woordvoerder van die provinsiale departement, Dumisani Malamule, s\u00ea dit is onmoontlik om te voorspel hoe erg dit gaan raak.
\nHy skryf die toename deels toe aan die feesseisoen, toe mense minder versigting opgetree het deur saamtrekke te hou, te drink en nie gesigmaskers te dra of fisiese afstande te hou nie.
\n\u201cDaarom is dit nie \u2018n verrassing dat die syfers vermeerder nie,\u201d s\u00ea hy.
\nMalamule kon nie die getal hospitalisasies in Mpumalanga verskaf nie, maar het ges\u00ea hulle ontslaan minder siek pasi\u00ebnte om te verseker beddens is beskikbaar vir diegene wat dit benodig.
\n