{"id":9882,"date":"2021-01-04T15:51:35","date_gmt":"2021-01-04T13:51:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9882"},"modified":"2021-01-04T15:51:35","modified_gmt":"2021-01-04T13:51:35","slug":"mpumalanga-gereed-om-eindeksamen-na-te-sien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-gereed-om-eindeksamen-na-te-sien\/","title":{"rendered":"Mpumalanga gereed om eindeksamen na te sien"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mpumalanga se onderwysdepartement s\u00ea hulle is gereed om 2020 se gr. 12-vraestelle te begin nasien.
\nDie proses het amptelik vandag afgeskop. Volgens die woordvoerder van die departement, Jasper Zwane, het die nasieners vandag gearriveer en ori\u00ebntering ontvang in die navolg van inperkingsregulasies.
\nDie ander personeel het reeds opleiding ontvang. Dit sluit in moderators, assistente, administratiewe personeel en sentrumbestuurders.
\nIn totaal is nagenoeg 4 869 mense in Mpumalanga daarby betrokke.
\nVerlede jaar se matriekeksamen was die grootste tot nog toe. In Mpumalanga het \u2018n totaal van 93 899 matrikulante dit in November en Desember afgel\u00ea.
\nDie groter aantal kandidate was te wyte aan die kansellasie van die Junie-eksamen weens die Covid-19-pandemie.
\nOm die nasien te beveilig, het Mpumalanga die aantal merksentrums van 16 tot 19 vermeerder.
\nVolgens Zwane sal elke persoon daagliks met hul aankoms by die lokaal siftingstoetse vir die nuwe koronavirus ondergaan vir die duur van die nasientydperk.
\n