{"id":9870,"date":"2020-12-23T20:07:00","date_gmt":"2020-12-23T18:07:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9870"},"modified":"2020-12-23T20:07:00","modified_gmt":"2020-12-23T18:07:00","slug":"lur-pleit-dat-motoriste-versigtig-bestuur","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/lur-pleit-dat-motoriste-versigtig-bestuur\/","title":{"rendered":"LUR pleit dat motoriste versigtig bestuur"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid het \u2018n beroep op motoriste gedoen om baie versigtig te bestuur.
\nDie LUR, Gabisile Shabalala, s\u00ea daar is reeds 73 mense op die provinsie se paaie dood sedert 1 Desember, die begin van die feesseisoen. Dit is meer as verlede jaar in dieselfde periode.
\nNasionaal het die aantal sterftes sover ietwat afgeneem, volgens die minister van vervoer, Fikile Mbalula. Hy het Dinsdag aangekondig dat daar tussen 1 en 20 Desember, 690 mense op Suid-Afrika se paaie dood is, teenoor 732 in dieselfde tyd verlede jaar.
\nShabalala het \u2018n beroep op motoriste gedoen om baie versigtig te wees soos verkeersvolumes toeneem, want 23 en 24 Desember word as van die besigste reisdae van die maand beskou.
\n