{"id":9833,"date":"2020-12-22T12:06:35","date_gmt":"2020-12-22T10:06:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9833"},"modified":"2020-12-23T09:37:54","modified_gmt":"2020-12-23T07:37:54","slug":"trac-werknemer-in-die-hof-weens-beweerde-bedrog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-werknemer-in-die-hof-weens-beweerde-bedrog\/","title":{"rendered":"TRAC-werknemer in die hof weens beweerde bedrog"},"content":{"rendered":"

\u2018n 30-jarige werknemer van TRAC verskyn vandag in die Belfast-landdroshof.
\nThembi Pretty Gwebu is Maandag deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersi\u00eble misdaad in hegtenis geneem vir beweerde bedrog.
\nSy was \u2018n werknemer by die Machado-tolhek op die N4.
\nVolgens die Mpumalanga Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, word daar beweer dat sy met \u2018n ander party saamgewerk het.
\n\"\"
\nSy het glo \u2018n kredietkaart gebruik om motoriste se tolgelde te betaal, en hul kontant in haar sak gesteek.
\nGwebu is vasgetrek toe sy glo nie die maandelikse fooi op die kaart betaal het nie, en die krediet het opgeraak.
\nDie bank het toe kennisgewings daaroor aan TRAC gestuur, wat \u2018n interne ondersoek geloods het. Volgens Sekgotodi het dit TRAC na raming honderde duisende Rande gekos.
\nDie saak is na die Valke verwys vir verdere ondersoek. Hul ondersoek het bepaal dat die tweede verdagte, wat die kredietkaart aan Gwebu verskaf het, \u2018n werknemer by \u2018n regeringsinstelling is. Sy arrestasie is op hande.
\n