{"id":9819,"date":"2020-12-18T17:40:07","date_gmt":"2020-12-18T15:40:07","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9819"},"modified":"2020-12-18T17:40:07","modified_gmt":"2020-12-18T15:40:07","slug":"vermiste-veldwagter-se-oorskot-moontlik-gevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermiste-veldwagter-se-oorskot-moontlik-gevind\/","title":{"rendered":"Vermiste veldwagter se oorskot moontlik gevind"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die polisie glo hulle het moontlik die oorskot van die vermiste veldwagter, Checkers Mashego (51), in die Krugerwildtuin gevind.
\nHulle het Vrydag aangekondig dat hulle laat Donderdag op menslike oorskot afgekom het, nie ver van waar Mashego \u2018n maand gelede vermis geraak het nie.
\nMashego, \u2018n ervare veldwagter, is laas op 17 November in die Stolsnek-area van die wildtuin gesien. Hy was saam met \u2018n kollega op patrollie toe hulle net voor laaste lig verwittig is om iets langs die Nsilikazi-rivierbedding te ondersoek.
\nHulle het uiteen gegaan en sou by \u2018n brandstrook ontmoet. Mashego het nooit by die ontmoetingsplek opgedaag nie en sy kollega het alarm gemaak.
\nSedertien word daar sonder ophou na hom gesoek.
\nVolgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het hulle items op die toneel gevind wat deur veldwagters gebruik word en wat moontlik aan Mashego kon behoort het.
\nDit is voorheen bevestig dat hy ten tyde van sy verdwyning sy geweer, radio en selfoon by hom gehad het.
\nDie oorskot is vir forensiese analise gestuur. Mashego se familie is van die vonds in kennis gestel.
\n