{"id":9809,"date":"2020-12-17T13:42:01","date_gmt":"2020-12-17T11:42:01","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9809"},"modified":"2020-12-17T13:42:01","modified_gmt":"2020-12-17T11:42:01","slug":"man-skuldig-bevind-aan-vyf-moorde-in-mpumalanga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/man-skuldig-bevind-aan-vyf-moorde-in-mpumalanga\/","title":{"rendered":"Man skuldig bevind aan vyf moorde in Mpumalanga"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Teboho Thokoane (38), ook bekend as Maphoshane, is Dinsdag deur die Mpumalanga-hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind aan vyf moorde.
\nHy en drie ander mans het ses mense op 12 Oktober 2017 op \u2018n plaas in Ogies geskiet.
\nEen slagoffer het oorleef. Die ander verdagtes is intussen dood.
\nThokoane, \u2018n Lesotho-burger, is ook skuldig bevind aan poging tot moord asook die onwettige besit van \u2018n vuurwapen en ammunisie.
\nVolgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is die moorde uit wraak gepleeg vir ‘n beweerde groepsgeweld-voorval waarin een van Thokoane se vriende daardie jaar dood is.
\n