{"id":9758,"date":"2020-12-11T08:42:15","date_gmt":"2020-12-11T06:42:15","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9758"},"modified":"2020-12-11T08:42:15","modified_gmt":"2020-12-11T06:42:15","slug":"pumas-slaggereed-vir-tweede-ronde-teen-wp","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-slaggereed-vir-tweede-ronde-teen-wp\/","title":{"rendered":"Pumas slaggereed vir tweede ronde teen WP"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die Phakisa Pumas is gereed en opgewonde om die DHL WP vanaand in Kaapstad te pak.
\nPumas-harte is in Oktober gebreek toe die Kapenaars in die laaste minute van hul vorige kragmeting, tydens die Super Rugby Unlocked-reeks, \u2018n drie kon aanteken om die wedstryd te wen.
\n\u2018n Wen vanaand sal die Pumas se kanse om na die semifinale van die Curriebeker deur te dring ook lewendig hou.
\nVerder het die WP verskeie uitdagings, op en van die veld af, s\u00ea Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse.
\n\u201cDie feit dat hul voorste drie in die W\u00eareldbeker-eindstryd gespeel het, sit geweldige druk op \u2018n ou, maar dat ons geweldig uitsien na die geleentheid is vir seker so.
\n\u201cHulle is \u2018n magtige span met Springbokke, maar hulle het self \u2018n klomp beserings en moeilikheid in die raadsale waar ons \u2018n bietjie op \u2018n \u201chigh\u201d is (na die wen teen die Griekwas verlede week).
\n\u201cDie spelers moet net die vertroue h\u00ea wat hulle elke week het voor hulle foute begin maak. Dis wanneer dit teen jou begin tel.\u201d
\nPieter Jansen van Vuren is terug as die pienk truie se kaptein. Japie Kleinhans maak sy Curriebeker-debuut, sou hy speel. So ook Ewart Potgieter wat in verlede week se span ingesluit was, maar nie speeltyd gekry het nie.
\nDie 18-jarige Tiaan Botes begin egter en maak sy debuut op losskakel. Devon Williams, wat die laaste twee wedstryde die nr. 10-trui gedra het, begin op die reserwebank.
\nStonehouse verduidelik die besluit.
\n