{"id":9727,"date":"2020-12-09T09:10:48","date_gmt":"2020-12-09T07:10:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9727"},"modified":"2020-12-09T09:14:55","modified_gmt":"2020-12-09T07:14:55","slug":"pa-en-dogter-saam-in-die-beskuldigdebank-vir-bedrog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pa-en-dogter-saam-in-die-beskuldigdebank-vir-bedrog\/","title":{"rendered":"Pa en dogter saam in die beskuldigdebank vir bedrog"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Thato Charmain Philane (30) het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en, alternatiewelik, oortreding van die belastingwet.
\n\"\"
\nSy is dieselfde dag deur die Valke in hegtenis geneem.
\nSy word aangekla saam met haar pa, Sipho Andrew Philane (58).
\nHy het Vrydag in dieselfde hof verskyn. Hy word aangekla van bedrog en belastingontduiking.
\nVolgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, word daar beweer dat pa en dogter in April 2017 saamgewerk het om \u2018n maatskappy, Sipho Zethu Trading, te registreer.
\nPhilane jr. word as die enigste direkteurvan die maatskappy aangedui.
\n\"\"
\nHulle het glo deur Sipho Zethu Trading valslik R995 370 van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ge\u00ebis.
\nVolgens Sekgotodi is geld van die maatskappy na Philane snr. se persoonlike bankrekening oorgeplaas.
\nBeide is borgtog van R5 000 toegestaan en verskyn weer Maandag saam in dieselfde hof.
\n\u2018n Gespesialiseerde aanklaer sal ook aangestel word.
\n