{"id":9688,"date":"2020-12-05T12:58:14","date_gmt":"2020-12-05T10:58:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9688"},"modified":"2020-12-05T12:59:26","modified_gmt":"2020-12-05T10:59:26","slug":"motoriste-gewaarsku-oor-padveiligheid-na-vier-vroue-sterf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/motoriste-gewaarsku-oor-padveiligheid-na-vier-vroue-sterf\/","title":{"rendered":"Motoriste gewaarsku oor padveiligheid na vier vroue sterf"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>\ufeff<\/span>Vier vroue is Vrydagmiddag in \u2018n motorongeluk op die N4 naby Schagen oorlede.
\nDie sedan waarin hulle gery het, het om ongeveer 17:45 teen \u2018n trok gebots.
\nVolgens die departement van gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Moeti Mmusi, word daar beweer dat die bestuurder van die sedan besig was om \u2018n u-draai te maak ten tyde van die ongeluk.
\nDi\u00e9 bewering word ondersoek saam met die oorsaak van die noodlottige ongeluk.
\nDie trok was onderweg in die rigting van Ngodwana en die sedan in die rigting van Mbombela op pad.
\nAl vier vroue is op die toneel dood verklaar. Die trokbestuurder is ongedeerd.
\nDie LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het \u2018n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen en by die padre\u00ebls te hou.
\n