{"id":9672,"date":"2020-12-04T11:54:24","date_gmt":"2020-12-04T09:54:24","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9672"},"modified":"2020-12-04T11:54:44","modified_gmt":"2020-12-04T09:54:44","slug":"plaaslike-veeartse-waarsku-teen-parvovirus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/plaaslike-veeartse-waarsku-teen-parvovirus\/","title":{"rendered":"Plaaslike veeartse waarsku teen parvovirus"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Daar is \u2018n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela.
\nVan Wijkstraat Dierehospitaal s\u00ea hulle het net die afgelope week 10 gevalle gehad.
\nDie virus is dodelik vir honde. Volgens veearts Christo Nortj\u00e9 val die virus alle aan wat dupliseer. Dit is veral die dermkanaal en beenmurg wat heeltyd nuwe bloedselle produseer en selfs klein hondjies wat nog groei se harte.
\nDie gevolg is geweldige diarree en dat die diere erg opgooi en \u2018n onderdrukte immuniteit.
\nNortj\u00e9 voeg by dat dit heeljaar teenwoordig is, maar dat hulle veral tussen Desember en Februarie meer gevalle sien.
\n\u201cDit is \u2018n virale ding. Waar diere dit gehad het, bly dit op die grond en perseel. Dit is baie weerstandbiedend, so dit bly lank teenwoordig. Dit is basies oral,\u201d s\u00ea hy.
\nHy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense besef dikwels nie dat hul honde meer as een enting nodig het nie.
\nDit moet op ses, nege en 12 weke toegedien word, en daarna jaarliks.
\n