{"id":9652,"date":"2020-12-01T15:22:56","date_gmt":"2020-12-01T13:22:56","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9652"},"modified":"2020-12-01T15:22:56","modified_gmt":"2020-12-01T13:22:56","slug":"aktiewe-covid-19-gevalle-neem-af-in-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/aktiewe-covid-19-gevalle-neem-af-in-mbombela\/","title":{"rendered":"Aktiewe Covid-19-gevalle neem af in Mbombela"},"content":{"rendered":"

Strenger inperkingsregulasies is moontlik dele van die Wes- en Oos-Kaap se voorland weens \u2018n tweede vlaag Covid-19-infeksies.
\nDie prentjie lyk egter heeltemal anders in Mpumalanga. Daar is die afgelope agt dae 303 positiewe gevalle opgetel uit 14 855 toetse wat gedoen is.
\nVolgens die provinsiale gesondheidsdepartement se jongste statistieke, is daar tans 340 aktiewe gevalle. Van hulle is 154 in Mbombela.
\nDie munisipale area toon reeds vir ses weke \u2018n afname in aktiewe gevalle.
\nGeen mense is die afgelope week dood nie. Die provinsie se totale dodetal weens die virus staan op 614. Die herstelkoers van die virus is 97%.
\nDumisani Malamule, woordvoerder van Mpumalanga se gesondheidsdepartement, het mense aangemoedig om vir Covid-19-toetse te gaan as hulle simptome wys, of in kontak was met iemand wat die virus het.
\n