{"id":9611,"date":"2020-11-24T14:08:42","date_gmt":"2020-11-24T12:08:42","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9611"},"modified":"2020-11-24T14:09:11","modified_gmt":"2020-11-24T12:09:11","slug":"nasionale-tydren-kampioenskap-hierdie-naweek-in-dullstroom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nasionale-tydren-kampioenskap-hierdie-naweek-in-dullstroom\/","title":{"rendered":"Nasionale tydren-kampioenskap hierdie naweek in Dullstroom"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die TRAC N4 Nasionale Tydren vind Vrydag en Saterdag in Dullstroom plaas. Dit is die finale rondes van die nasionale tydren-kampioenskap vir 2020.
\nDit is ook die tweede keer dat TRAC dit borg.
\nDie organiseerders het bevestig dat 30 spanne ingeskryf is, en van die land se topryers neem deel.
\nHulle sluit in Guy Botterill en Simon Vacy-Lyle, Theuns Joubert en Charl Peskin, Chris Coertse en Greg Godrich, JJ Potgieter en Tommy Du Toit, asook Natie Booysen en Johan Smith.
\nDag 1 begin by Lakenvlei en dag 2 by die Dullstroom Epilepsie-sentrum, wat die hoof begunstidge van TRAC se borgskap is.
\n\u201cOns borgskap van die geleentheid gaan hand aan hand met ons korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en ons sal, onder andere, verskeie opgraderings by die sentrum aanbring,\u201d s\u00ea woordvoerder, Solange Soares.
\nSy verduidelik dat verskeie uitgetrede legendes ook vanjaar in aksie te sien sal wees, in pas met die 60-jaar herdenking van die kompetisie.
\n