{"id":9544,"date":"2020-11-18T14:19:00","date_gmt":"2020-11-18T12:19:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9544"},"modified":"2020-11-18T14:19:00","modified_gmt":"2020-11-18T12:19:00","slug":"nelspruit-mediclinic-weer-oop-na-bomdreigement","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nelspruit-mediclinic-weer-oop-na-bomdreigement\/","title":{"rendered":"Nelspruit Mediclinic weer oop na bomdreigement"},"content":{"rendered":"

Nelspruit Mediclinic is weer oopgestel nadat dit vanoggend gedeeltelik ontruim is weens ‘n bomdreigement.
\nDie hospitaal is gesluit en die polisie se bomeenheid het die perseel met snuffelhonde deursoek.
\nNiks is gekry nie. Dit sal egter eers oor 24 uur totaal veilig verklaar word.
\nVolgens Mediclinic se kli\u00ebntediens-bestuurder, Robyn Baard, is pasi\u00ebnte en werknemers uit slegs sekere dele van die hospitaal ontruim.
\nDit sluit in die mediese sentrum, ontvangsarea, ongevalle en die dokters se spreekamers-blok.
\nBaard s\u00ea dit was skrikwekkend, maar alle rolspelers het uitstekend saamgewerk.
\n