{"id":9528,"date":"2020-11-16T17:05:44","date_gmt":"2020-11-16T15:05:44","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9528"},"modified":"2020-11-16T17:05:44","modified_gmt":"2020-11-16T15:05:44","slug":"waterkrisis-staar-barberton-in-die-gesig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/waterkrisis-staar-barberton-in-die-gesig\/","title":{"rendered":"Waterkrisis staar Barberton in die gesig"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Barberton se watertekorte word al hoe erger.
\nDie Lomati-dam, wat die area van water voorsien, is tans net 16% vol.
\nRaadslid, Philip Minnaar, s\u00ea as dit nie binnekort goed re\u00ebn nie, stuur hulle moontlik weer af op \u2018n krisis soos in 2013, toe die dam heeltemal leeggeloop het.
\n\u201cDie dam is te laag vir ons om die reservoirs te kan volmaak. Die gevolg is dat die meeste van die areas aanmekaar sonder water is: soms vir die dag en aand, en soms vir twee dae.
\n\u201cOns kan glad nie meer beurtwater volgens die skedule toepas nie. Jy kan nie meer daarby hou nie, want daar is nie water nie.
\n\u201cDit is absolute krisisbestuur, en dit word bykans erger by die dag.
\n\u201dJy het geen waarborg, wanneer jy jou kraan oopdraai, of daar water gaan wees nie.\u201d
\n