{"id":9523,"date":"2020-11-16T16:26:42","date_gmt":"2020-11-16T14:26:42","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9523"},"modified":"2020-11-16T16:28:32","modified_gmt":"2020-11-16T14:28:32","slug":"plaaslike-toerisme-hoopvol-hulle-sal-herstel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/plaaslike-toerisme-hoopvol-hulle-sal-herstel\/","title":{"rendered":"Plaaslike toerisme hoopvol hulle kan herstel"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die landsgrense is nou oop vir alle besoekers, maar dit beteken nog lank nie dat die internasionale reisigers wat Suid-Afrika se toerismebedryf dra, hierdie feesseisoen in hul massas die land sal besoek nie.
\n\u2018n Ligpuntjie vir die Laeveld en Mbombela is dat een van die grootste inspuitings vir die plaaslike ekonomie, reeds herstel wys.
\nMosambiekse besoekers is van kardinale belang, s\u00ea Linda Grimbeek, uitvoerende hoof van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), en Cobus Tomlinson, voorsitter van die Nelspruit plaaslike toerisme-organisasie (LTO). Beide skat hul bydrae op ten minste 30% van plaaslike ondernemings se opbrengste.
\nDie grense tussen di\u00e9 twee lande is reeds geruime tyd oop en hulle sien reeds dat besoekersgetalle begin toeneem.
\n\u201cHulle sal aanhou kom,\u201d s\u00ea Tomlinson. \u201cHierdie is net die begin van die feestyd.\u201d
\nMaar na maande van inperking die bedryf erge skade berokken het, is die konsensus dat herstel moontlik is.
\nHoewel dit maande kan neem om besoekers van verder, soos Europa en die VSA wat tans nuwe golwe van Covid-19 ondervind, terug te kry, is beide vol moed dat hulle binne maande \u2018n terugkeer sal maak.
\n