{"id":9466,"date":"2020-11-11T13:10:39","date_gmt":"2020-11-11T11:10:39","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9466"},"modified":"2020-11-12T07:55:25","modified_gmt":"2020-11-12T05:55:25","slug":"ses-gewoonteoortreders-vasgetrek-weens-verkeersboetes","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ses-gewoonteoortreders-vasgetrek-weens-verkeersboetes\/","title":{"rendered":"Ses gewoonte-oortreders vas weens onbetaalde boetes"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Ses mense is sedert Saterdag in hegtenis geneem weens uitstaande verkeersboetes in Mpumalanga.
\nDie provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het benadruk dat dit heroortreders is wat nie hul boetes betaal nie, en dan ook versuim om in die hof verskyn.
\nVolgens die algemene bestuurder van die regulering van vervoer in die departement, Sibandiso Nkuna, is die 15 mense met die meeste lasbriewe vir hul inhegtenisneming, ge\u00efdentifiseer.
\nDie ses wat reeds aangekeer is, het die week verskyn vir minagting van die hof, asook hul onderskeie verkeersoortredings.
\nNkuna hoop dit sal ander motoriste aanmoedig om die wet te gehoorsaam.
\n\u201cOns vind dat, wanneer mense die wet oortree en daar nie gevolge daarvoor is nie, hou hulle vol om dit te doen,\u201d s\u00ea hy.
\n