{"id":9422,"date":"2020-11-09T16:19:22","date_gmt":"2020-11-09T14:19:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9422"},"modified":"2020-11-12T08:03:46","modified_gmt":"2020-11-12T06:03:46","slug":"da-bekommerd-oor-besnoeide-begroting-vir-toerisme","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-bekommerd-oor-besnoeide-begroting-vir-toerisme\/","title":{"rendered":"DA bekommerd oor besnoeide begroting vir toerisme"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Die DA in Mpumalanga het hul kommer uitgespreek dat die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) se begroting hierdie jaar sover met R40 miljoen gesny is.
\nDie provinsiale begroting is vroe\u00ebr vanjaar aangepas om fondse vir die Covid-19-pandemie beskikbaar te maak. Van die geld is onder verskillende departemente herverdeel, terwyl bedrae aan die nasionale regering terugbesorg is om die pandemie te beveg.
\nNou het die verslag oor die tweede kwartaal, wat einde September tot \u2018n einde geloop het, gewys dat die besnoeiing veral mikro- en kleinsakeondernemings wat deur die MTPA ondersteun word, raak.
\n\"\"
\n\u201cSonder daardie ondersteuning gaan hulle toemaak,\u201d s\u00ea die DA se Bosman Grobler.
\nHy verduidelik dat dit verstaanbaar is dat geld vir die pandemie uit die \u201cbeskikbare pot\u201d landwyd moet kom, en dat niemand vir die pandemie kon begroot nie.
\nMaar, voeg hy by, ekonomiese drywers soos the MTPA moet steeds ondersteun word.
\n