{"id":9388,"date":"2020-11-06T12:15:05","date_gmt":"2020-11-06T10:15:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9388"},"modified":"2020-11-06T12:15:05","modified_gmt":"2020-11-06T10:15:05","slug":"afriforum-laeveld-help-met-rampverligting","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/afriforum-laeveld-help-met-rampverligting\/","title":{"rendered":"AfriForum Laeveld help met rampverligting"},"content":{"rendered":"

AfriForum se Laeveld-takke het die afgelope weke skouer aan die wiel gesit en ingespring om die boere by te staan n\u00e1 verwoestende veldbrande onlangs erge skade in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap aangerig het.
\nNa raming is minstens 200 000 ha in verskeie brande verwoes.
\nDie organisasie se takke in Witrivier, Mbombela en Lydenburg kon binne dae daarin slaag om sowat R40 000 in te samel.
\nVolgens die distriksko\u00f6rdineerder in die Laeveld, Hennie Bekker, is dit bedoel vir brandstof sodat veevoer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word.
\nVerder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir \u2019n Boer-projek reg oor die Laeveld gere\u00ebl.
\nRadio Laeveld was self een van hierdie punte, en luisteraars het gewys hulle het harte van goud deur ruim skenkings te maak.
\nHuishoudelike items, medisyne vir vee en sakke voer is aan die boere en hul plaaswerkers geskenk wat ondanks die erge droogtes nou ook nog die brande se verwoesting moes verduur.
\nBekker het elke persoon en onderneming bedank wat op enige manier tot die projek bygedra het.
\n\u201cOns wil ook graag Skankane Transport uitsonder wat gehelp het om die skenkings te vervoer,\u201d s\u00ea hy. \u201cDit is weereens \u2019n bewys dat die krag van gemeenskappe selfs die grootste rampe kan oorkom.\u201d
\nVolgens AfriForum se mediaskakelbeampte, Chant\u00e9 Kelder kon hulle landwyd, van verskillende organisasies, tot dusver meer as R4 miljoen vir die boere insamel.
\n