{"id":9285,"date":"2020-10-28T17:22:16","date_gmt":"2020-10-28T15:22:16","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9285"},"modified":"2020-11-04T10:45:12","modified_gmt":"2020-11-04T08:45:12","slug":"elf-borgtog-toegestaan-oor-r124-miljoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/elf-borgtog-toegestaan-oor-r124-miljoen\/","title":{"rendered":"Elf in hof oor R124 miljoen word borgtog toegestaan"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Elf mense, onder hulle die voormalige minister van staatsveiligheid, adv. Bongani Bongo, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.
\nHulle word ook beskuldig van die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA).
\nBongo was ten tyde van die vermeende misdade die hoof van die provinsiale departement van menslike nedersettings se regsafdeling. Hy het saam met sy broer, Sipho Bongo, verskyn, asook plaaslike sakemanne Robert Burwise, Patrick Chirwa en Harrington Dhlamini.
\nDavid Dube, voormalige hoof van die departement van menslike nedersettings in Mpumalanga, is ook aangekla.
\nSaam met hulle in die beskuldigdebank is Blessing Singwane, Vusi Magagula, Bongani Sibiya, Elmon Mdaka, en Sibongile Mdaka.
\nVerder word vier maatskappye aangekla: Little River Trading 156, Broad Market Trading 204, Bongiveli en Pfuka Afrika.
\nVolgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) spruit die klagte uit die koop en verkoop van drie plase vir die ontwikkeling van behuising deur die departement van menslike nedersettings.
\nHoewel hul gekombineerde waarde sowat R70 miljoen is, word beraam dat die departement \u2018n verlies van net minder as R124 miljoen gely het weens die misdrywe.<\/p>\n