{"id":9266,"date":"2020-10-27T16:39:24","date_gmt":"2020-10-27T14:39:24","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9266"},"modified":"2020-11-04T09:51:51","modified_gmt":"2020-11-04T07:51:51","slug":"kroegeienaars-in-spervuur-oor-laat-ure","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kroegeienaars-in-spervuur-oor-laat-ure\/","title":{"rendered":"Kroegeienaars in spervuur oor laat ure"},"content":{"rendered":"

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het \u2018n beroep gedoen op die polisie en Mpumalanga ekonomiese reguleerder (MER) om kuierplekke wat nie by inperkingsregulasies hou nie, op te skroef.<\/p>\n

Volgens haar woordvoerder, Moeti Mmusi, word die departement oorval met klagtes van die publiek oor kuierplekke wat na middernag oop is.<\/p>\n

Boonop laat van hulle soveel mense op hul persele toe, dat dit onmoontlik is om fisiese distansi\u00ebring toe te pas.<\/p>\n

Shabalala het vandag daaroor met die MER en SAPD vergader.<\/p>\n