{"id":9215,"date":"2020-10-23T14:09:15","date_gmt":"2020-10-23T12:09:15","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9215"},"modified":"2020-10-26T15:34:37","modified_gmt":"2020-10-26T13:34:37","slug":"vermeende-gewapende-rowers-vasgetrek-na-roof-op-badplaas-polisiestasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-gewapende-rowers-vasgetrek-na-roof-op-badplaas-polisiestasie\/","title":{"rendered":"Vermeende gewapende rowers vasgetrek na roof op Badplaas-polisiestasie"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Drie verdagtes wat na vermoede die Badplaas-polisiestasie in September beroof het, is aangekeer.
\nDie Mpumalanga Valke se kapt. Lloyd Ramovha, s\u00ea hulle is gister in Mbombela vasgetrek.
\nDie blitspatrollie en Elukwatini-speurders het saam met die Valke die manne in hegtenis geneem. Hulle is onderskeidelik 36, 37 en 44 jaar oud.
\nDie gesteelde vuurwapens, \u2018n R5-aanvalsgeweer en twee pistole, is ook gekonfiskeer. Dit sal forensies getoets word om te bepaal of dit intussen in ander misdade gebruik is.
\nEen van die mans word tans slegs ondervra. Die ander twee is positief met die misdaad verbind deur die vuurwapens in hul besit.
\nHulle sal na verwagting vandag nog in die Calcutta-landdroshof verskyn.
\nHulle staar klagte van gewapende roof en die besit van die staat se vuurwapens in die gesig.
\n