{"id":9208,"date":"2020-10-23T12:21:39","date_gmt":"2020-10-23T10:21:39","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9208"},"modified":"2020-10-28T14:17:55","modified_gmt":"2020-10-28T12:17:55","slug":"mbombela-pastoor-dankbaar-om-te-lewe-na-fratsongeluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mbombela-pastoor-dankbaar-om-te-lewe-na-fratsongeluk\/","title":{"rendered":"Mbombela-pastoor dankbaar om te leef na fratsongeluk"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Dit is \u2018n wonderwerk dat sy leef, s\u00ea past. Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship Nelspruit.
\nVandag is presies ses weke sedert sy ernstig beseer is in \u2018n fratsongeluk toe \u2018n Polaris-jagvoertuig omgeslaan en op haar te lande gekom het.
\nSy en haar gesin (manlief Kelvin, wat saam met haar in die bediening is en die egpaar se drie kinders, van onderskeidelik 13, 12 en nege jaar oud) het daardie naweek saam met vriende by Vygeboom-dam gekuier.
\n\u201cMy kinders het \u2018n eendjie uit die dam gehaal. Ek het ges\u00ea ons moet dit terug sit.\u201d
\n\u2018n Vriend wat daar woon en geweet het waar die nes is, het haar met \u2018n Polaris-jagvoertuig geneem. Op pad terug het hy te skerp gedraai.
\nSy het uitgevlieg en die 700 kilogram-voertuig het tot op haar gerol.
\n\"\"
\nDit het haar bekkenbeen op drie plekke gebreek. Aan haar linkerkant is ses ribbes af, \u2018n wangbeen en \u2018n been in haar voorkop het gebreek. Drie nekwerwels is gekraak. Haar linkeroor het deels afgeskeur en die boonste lid van haar pinkie is af.
\n\u201cEk is \u2018n wonderwerk soos ek hier sit,\u201d vertel sy in haar sitkamer. \u201cDit is \u2018n wonderwerk dat die bene nie deur my oog of longe gesteek het nie.\u201d
\nKelvin het die voertuig van haar help aftel en met haar Mediclinic Nelspruit toe gejaag.
\n\u201cHulle het deur my mond geopereer sodat ek vandag lyk soos ek lyk.\u201d
\nSy is per helikopter na die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.
\nCyzelle herstel vinniger as verwag. \u201cAl die dokters wat my X-strale gesien het, het ges\u00ea ek het baie seergekry. Hulle het gedink ek sal ses weke in intensiewesorg wees, maar ek is in die tweede week daaruit.\u201d
\nSy het nogal gehallusineer die 10 dae onder sedasie in intensiewesorg. \u201cWat mooi was wat ek gesien het van die Here was engelkore en ek die siele wat in die hemel opgaan en al die geliefdes van die Here en ek sien hoe bid hulle vir my regoor die w\u00eareld. Min weet ek dit was regtig besig om te gebeur.
\n\u201dMense wat my nie eens ken nie het vir my gebid en ek is so dankbaar daarvoor, want dit was die beweging van die Heilige Gees.
\n\u201cTot Riana Nel het profeties oor my gesing toe ek in was vir die operasie aan my gesig.\u201d
\nNou leer sy weer om met haar linkerbeen te loop met weeklikse fisioterapie en massering om die spiere los te maak.
\n\u201cDit is vir my die moeilikste gedeelte want dit is baie seer.\u201d
\n\"\"
\nSy is ook dol oor rose. Terwyl sy in die hospitaal was, het haar sussie vir haar \u2018n roostuin geplant, met bossies wat mense gekoop het.
\n\u201cEk is dankbaar om \u2018n Laevelder te wees, want die gemeenskap het my oopmond laat staan deur hoe almal net vir my kom hallo s\u00ea, elke dag vra hoe dit gaan.\u201d
\nMense het geskenke, koopbewyse, sjokolade, blomme en nog wat aangedra. Die ouers in haar oudste se graad het selfs \u2018n fondsinsameling gere\u00ebl.
\n\u201cEk kan nie eens alles noem nie. Ek is bederf! Ek is so dankbaar daarvoor want ek kry nou hier en daar rekeninge. Ek het nie verwag dat die mediese fonds van dit nie sal betaal nie.
\n\u201cMaar die Here het vir my voorsien deur die gemeenskap. Ek is so lief vir elkeen wat vir my \u2018n geskenkie gegee het, \u2018n gebed opgedra het.
\n\u201cEk was swak, en het amper uitgeklok, maar ek het deurgedruk van al die gebede. Met soveel gebede kan jy n\u00earens heen gaan nie. Die Here sal daai gebede beantwoord.\u201d
\n