{"id":9160,"date":"2020-10-20T12:58:14","date_gmt":"2020-10-20T10:58:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9160"},"modified":"2020-10-20T16:30:30","modified_gmt":"2020-10-20T14:30:30","slug":"da-vra-vir-steun-vir-landelike-veiligheidsplan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-vra-vir-steun-vir-landelike-veiligheidsplan\/","title":{"rendered":"DA vra vir steun vir landelike veiligheidsplan"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Die DA het \u2018n beroep gedoen op ander politieke partye in Mpumalanga om hul landelike veiligheidsplan te steun.
\nDit volg op Gerrit Stander se moord op \u2018n plaas in die Plaston-omgewing naby Witrivier Maandag. Hy is verskeie kere deur vermeende rowers in sy huis geskiet. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
\nKol. Donald Mdluli, \u2018n woordvoerder van die provinsiale polisie, het bevestig dat die besonderhede van die aanval steeds vaag is.
\nDie area beleef glo die afgelope paar maande \u2018n vlaag inbrake. Plaston se gemeenskapspolisi\u00ebringsforum (GPF) het gisteraand daaroor vergader. Hulle is na wat verneem word gefrustreerd met die polisie.
\nVolgens DA-LPW, Bosman Grobler, die party se woordvoerder vir landelike aangeleenthede in Mpumalanga, is die plan al \u2018n geruime tyd gelede op nasionale vlak deur die party ontwikkel.
\n