{"id":9096,"date":"2020-10-15T12:00:32","date_gmt":"2020-10-15T10:00:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9096"},"modified":"2020-10-16T07:51:09","modified_gmt":"2020-10-16T05:51:09","slug":"bestuurder-borgtog-geweier-na-twee-matrieks-sterf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bestuurder-borgtog-geweier-na-twee-matrieks-sterf\/","title":{"rendered":"Bestuurder borgtog geweier na twee matrieks sterf"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee gr. 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier.
\nVolgens die departement van onderwys se Gerald Sambo, was die bestuurder glo besig om van verkeersbeamptes te vlug toe hy beheer oor die voertuig verloor het, en in ‘n groep meisies ingeploeg het.
\nHulle was leerlinge aan Ho\u00ebrskool Makhosana Manzini in Mkhuhlu. Hulle was op pad huis toe na \u2018n eksamen.
\nLiyanda Ngwenyama en Lucracia Khoza is dood. Twee leerders is ook beseer en na Matikwane-hospitaal gehaas.
\nDie een is reeds ontslaan. ‘n Vierde meisie word steeds in die hospitaal behandel.
\nDie LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het haar gister besoek.
\nHy het ook die oorlede meisies se families Woensdagmiddag besoek.
\n