{"id":9089,"date":"2020-10-15T08:47:24","date_gmt":"2020-10-15T06:47:24","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9089"},"modified":"2020-10-16T07:52:47","modified_gmt":"2020-10-16T05:52:47","slug":"ondersteuners-se-hulle-gaan-in-vrede-senekal-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ondersteuners-se-hulle-gaan-in-vrede-senekal-toe\/","title":{"rendered":"Ondersteuners s\u00ea hulle gaan in vrede Senekal toe"},"content":{"rendered":"

\n

\"\"<\/a><\/p>\n

Die regering het aangedui dat wetstoepassers m\u00f4re in \u201cvolle mag\u201d in Senekal ontplooi sal word.
\nDie vermeende moordenaars van die voorman Brendin Horner (21), Sekwetje Isaiah Mahlamba (32) en Sekola Piet Matlaletsa (43), verskyn dan vir \u2018n tweede keer in die hof.
\nGeweld het tydens hul eerste verskyning verlede week Dinsdag uitgebreek.
\n\u2018n Polisievoertuig is aan die brand gesteek en \u2018n groep mense het die hofgebou bestorm.
\nAndr\u00e9 Pienaar is in hegtenis geneem weens die voorval. Hy is borgtog geweier. Sy regspan sal vandag \u2018n app\u00e8laansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein bring.
\nBoere en ondersteuners van regoor Suid-Afrika is reeds op pad na die dorp.
\n\u2018n Massarit van motorfietsryers en voertuie begin Vrydag douvoordag vanaf Midrand.
\nMaar, s\u00ea Mbombela se past. TJ Mar\u00e9 van die 911Riders, dit gaan vir hulle bloot daaroor om ondersteuning te wys aan die boere, en om weer vir die land te bid.
\n