{"id":8785,"date":"2020-10-01T17:14:52","date_gmt":"2020-10-01T15:14:52","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8785"},"modified":"2020-10-06T06:25:40","modified_gmt":"2020-10-06T04:25:40","slug":"ereveldwagters-bied-lewenslyn-vir-kruger-se-honde-eenheid","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ereveldwagters-bied-lewenslyn-vir-kruger-se-honde-eenheid\/","title":{"rendered":"Ereveldwagters bied lewenslyn vir Kruger se honde-eenheid"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Die Krugerwildtuin se sukses teen renosterstropery is grootendeels te danke aan die snuffelhonde, s\u00ea Johan de Beer, bestuurder van die wildtuin se honde-eenheid.
\nDe Beer was voorheen by die polisie en Valke voor hy sowat agt jaar gelede die wildtuin se honde-eenheid op die been gebring het.
\nHy het Woensdagaand by Trappers \u2018n praatjie gelewer oor hoe suksesvol hulle stropers aankeer.
\nDestyds was daar slegs drie honde. Tans het hulle 39, nadat hulle hierdie jaar sewe verloor het.
\nDit was weens verskillende redes. Die w\u00eareldbekende Killer, wat 210 stropers help vastrek het, en in die rolprent \u201cSTROOP\u201d te sien was, moes vroe\u00ebr die jaar uitgesit word nadat sy heupe ingegee het en hy nie meer kon loop nie.
\nHulle het reeds twee nuwe honde bekom, en behoort teen vroeg volgende jaar nog twee toe te voeg.
\nDe Beer skryf die afname in renosterstroping in die park toe aan die honde, wat stropers gereeld vastrek voor hulle \u2018n skoot kan afvuur.
\n