{"id":8755,"date":"2020-09-29T08:07:52","date_gmt":"2020-09-29T06:07:52","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8755"},"modified":"2020-09-29T08:11:01","modified_gmt":"2020-09-29T06:11:01","slug":"mienke-mulder-se-lewe-vandag-herdenk","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mienke-mulder-se-lewe-vandag-herdenk\/","title":{"rendered":"Mienke Mulder se lewe vandag herdenk"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mienke Mulder se gedenkdiens sal vanoggend op haar Facebook-blad uitgesaai word.
\nDie driejarige is twee weke gelede oorlede, nadat sy ernstige breinskade opgedoen het in 2017.
\nHaar ouers, Ryno en Verna Mulder, s\u00ea dit is baie moeilik om net 100 mense na die diens toe te mag nooi, omdat sy so baie vir soveel mense beteken het.
\nKort na haar ongeluk het ondersteuners \u2018n Pienk vir Mienke-veldtog van stapel gestuur. Mense is aangemoedig om elke Woensdag pienk te dra vir haar. Pienk armbandjies was ook die begin van fondsinsamelings om te help met haar mediese kostes.
\nRyno het voorheen ges\u00ea die sigbare pienk het al baie vir die gesin beteken.
\n