{"id":8743,"date":"2020-09-28T15:57:29","date_gmt":"2020-09-28T13:57:29","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8743"},"modified":"2020-09-28T16:02:12","modified_gmt":"2020-09-28T14:02:12","slug":"trac-ervaar-besigste-naweek-van-2020","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-ervaar-besigste-naweek-van-2020\/","title":{"rendered":"TRAC ervaar besigste naweek van 2020"},"content":{"rendered":"

Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover.
\nMense wie se bewegings erg ingeperk is deur die grendeltydperk en Covid-19-regulasies, het die meeste gemaak van die eerste langnaweek sedert die land na vlak 1 van inperking geskuif het, en gereis – beide na die Laeveld en in die rigting van Gauteng.
\nDie gevolg was die hoogste volumes verkeer op die N4 van enige naweek hierdie jaar sover.
\nVolgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder van Trac, die maatskappy wat die N4 bestuur, het verkeersvolumes Sondag hul piek bereik.
\nMeer as 1 900 voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings.
\nDie Machadodorp-plaza was amper so besig, met meer as 1 500 voertuie wat elke uur daar deur beweeg het in die vroeg- en laatmiddag.
\nTrac het voor die langnaweek voorbereidings getref vir meer verkeer as gewoonlik, deur tolplaza\u2019s ten volle te beman asook patrolleeringspanne paraat te stel, maar die verhoogde verkeersvolumes het reistye steeds verleng.
\nSoares s\u00ea hulle verstaan mense se frustrasie met die vertragings, wat vererger is deur padwerke.