{"id":8736,"date":"2020-09-28T14:06:32","date_gmt":"2020-09-28T12:06:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8736"},"modified":"2020-09-28T14:22:35","modified_gmt":"2020-09-28T12:22:35","slug":"besoekers-stroom-na-krugerwildtuin-oor-langnaweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/besoekers-stroom-na-krugerwildtuin-oor-langnaweek\/","title":{"rendered":"Besoekers stroom na Krugerwildtuin oor langnaweek"},"content":{"rendered":"

Die Krugerwildtuin het \u2018n besonder besige langnaweek ervaar.
\nDagbesoekers is vooraf gewaarsku om hul plekke te bespreek of om vroeg op te daag omdat die park se besoekerskwota daagliks streng toegepas sou word.
\nDie woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, s\u00ea die meeste hekke se kwotas is vroeg elke oggend reeds gevul.
\nBy Krokodilbrug, hul besigste hek, is die kwota besoekers reeds Saterdag om 05:30 gevul.
\n“Die prosedure is dat wanneer die daaglikse kwota besoekers bereik word, slegs mense met besprekings verder in die park toegelaat word,” verduidelik hy. “Daar is geen moontlikheid om meer mense in te laat nie.”
\n