{"id":8690,"date":"2020-09-23T17:52:58","date_gmt":"2020-09-23T15:52:58","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8690"},"modified":"2020-09-23T17:56:54","modified_gmt":"2020-09-23T15:56:54","slug":"nog-strenger-beurtwater-vir-barberton-aangekondig","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nog-strenger-beurtwater-vir-barberton-aangekondig\/","title":{"rendered":"Nog strenger beurtwater vir Barberton aangekondig"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Inwoners van Barberton het nou nog meer waterbeperkings.
\nDie Lomati-dam, wat die dorp van water voorsien, is tans net 18% vol.
\nDie gevolg is dat hulle slegs die helfte van die water wat hulle normaalweg sou suiwer, mag gebruik.
\nAlle inwoners het daarom sedert gister twee dae per week, van 08:00 tot 16:00, nie water nie.
\nToe beurtwater, wat nogal \u2018n algemene verskynsel in Barberton is, aan die begin van inperking opgehef is, was die dam sowat 25% vol.
\nToe dit in Augustus heringestel is, is inwoners se water slegs een maal per week tussen 08:00 en 14:00 afgesit.
\nRaadslid Philip Minnaar verduidelik dat dit nie \u2018n raadsbesluit is nie, maar deur die die departement van water en sanitasie bepaal word.
\n