{"id":8675,"date":"2020-09-23T15:17:50","date_gmt":"2020-09-23T13:17:50","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8675"},"modified":"2020-09-23T15:25:37","modified_gmt":"2020-09-23T13:25:37","slug":"covid-infeksies-bly-stabiel-in-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-infeksies-bly-stabiel-in-mbombela\/","title":{"rendered":"Covid-infeksies bly stabiel in Mbombela"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Mpumalanga se departement van gesondheid het vrese van \u2018n tweede golf Covid-19-infeksies in die kiem gesmoor.
\nDie afgelope week is 238 nuwe gevalle in Mbombela aangemeld, en geen nuwe sterftes nie. (Die jongste beskikbare syfers was teen druktyd vir 22 September).
\nIn die laaste drie dae is 73 nuwe gevalle bevestig. Vrydag en Saterdag is meer as 40 gevalle elke dag aangemeld.
\nDie woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, s\u00ea egter dit is normaal dat nuwe gevalle daagliks aangemeld word, en dit kan geensins as \u2018n golf beskou word nie.
\nInteendeel is die infeksiekoers tans baie laag.
\n