{"id":8631,"date":"2020-09-21T12:48:02","date_gmt":"2020-09-21T10:48:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8631"},"modified":"2020-09-21T15:41:35","modified_gmt":"2020-09-21T13:41:35","slug":"mienke-mulder-volgende-week-ter-ruste-gele","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mienke-mulder-volgende-week-ter-ruste-gele\/","title":{"rendered":"Mienke Mulder volgende week ter ruste gel\u00ea"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die driejarige Mienke Mulder se begrafnis sal volgende Dinsdag, 29 September, in Benoni plaasvind.
\nSy is Woensdagoggend deur haar pa in haar bed dood aangetref.
\nDie gesin het in 2017 in Mbombela gewoon toe Mienke ernstige breinskade opgedoen het, nadat sy aan \u2018n bottel verstik het.
\nSy het sedertien die land aangegryp met haar veggees.
\nHaar pa, Ryno Mulder, s\u00ea haar dood was \u2018n groot skok vir hom en sy vrou, Verna.
\n\u201cSy was baie gesond die laaste ruk. So twee weke gelede het ons \u2018n bietjie gesukkel met die melk, maar sy het vinnig herstel. Dit was niks ernstig nie.
\n\u201cSy was bitter baie gesond, sy was gelukkig. Die dag voor haar dood was sy baie gelukkig.
\n\u201cEk en Verna verstaan nie hoe sy die een dag so gelukkig kon wees, en die volgende dag tref d\u00edt ons nie.\u201d
\n