{"id":8567,"date":"2020-09-14T14:45:17","date_gmt":"2020-09-14T12:45:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8567"},"modified":"2020-09-14T15:05:25","modified_gmt":"2020-09-14T13:05:25","slug":"wildtuin-maan-teen-bespiegeling-na-tweede-brand-binne-n-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/wildtuin-maan-teen-bespiegeling-na-tweede-brand-binne-n-week\/","title":{"rendered":"Tweede brand in wildtuin ondersoek"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>
\nDie wildtuin het gewaarsku teen bespiegeling na ‘n tweede brand binne \u2018n week in kampe in die park uitgebreek het.
\nDie brand wat Maandagoggend by Berg-en-dal-kamp se restaurant in die Krugerwildtuin ontstaan het, is \u2018n paar ure later geblus.
\nWoordvoerder van die wildtuin, Ike Phaala, het bevestig dat dit om ongeveer 10:00 in die kombuis ontstaan het.
\n\"\"
\nDie restaurant was in gebruik.
\nBoukontrakteurs wat elders in die kamp met restourasiewerk besig was, kon daarin slaag om saam met werknemers van die kamp die vlamme onder bedwang te bring en te verhoed dat dit na ander geboue versprei.
\nDele van die kombuis en eetkamer is beskadig. Niemand is beseer nie.
\nDie oorsaak van die brand word amptelik ondersoek, asook di\u00e9 van die brand wat Woensdagaand dele van Letaba-kamp verswelg het.
\nDie winkel in die kamp en naburige televisiekamer vernietig. Daar word vermoed dat die brand in die winkel se stoorkamer begin het.
\nToeristeverblyf is glad nie geraak nie en niemand is beseer nie.
\nPhaala s\u00ea hulle beskou beide brande as \u2018n ongeluk vir nou.
\n