{"id":8469,"date":"2020-09-03T12:51:00","date_gmt":"2020-09-03T10:51:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8469"},"modified":"2020-09-08T11:16:25","modified_gmt":"2020-09-08T09:16:25","slug":"vermeende-bedrieers-uit-op-borgtog-in-komatipoort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-bedrieers-uit-op-borgtog-in-komatipoort\/","title":{"rendered":"Vermeende bedrie\u00ebrs borgtog toegestaan in Komatipoort"},"content":{"rendered":"

Twee mense wat elk meer as 500 klagte verwant aan bedrog in die gesig staar, is Woensdag borgtog van R10 000 in die Komatipoort-landdroshof toegestaan.
\nHugo Christiaan le Roux (41) en Rochelle Edith du Plessis Bekker (35) is dieselfde dag in hegtenis geneem deur die Valke se ondersoekeenheid teen ernstige kommersi\u00eble misdaad.
\n\"\"
\nVolgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, word hulle van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
\nHulle sou glo ongeveer R1,9 miljoen gesteel het.
\nDaar word beweer dat Le Roux, \u2018n bestuurder by Izusa Carriers, en Du Plessis Bekker, eienaar van HLR Contracting, tussen 2015 en 2018 saamgesweer het om die maatskappy te bedrieg.
\nIzusa bedryf \u2018n vloot trokke regdeur die land sowel as in Mosambiek. Hul hoofkantoor is in Komatipoort.
\n\"\"
\nDie beskuldigdes het glo vervoerdienste aan kli\u00ebnte van Izusa verskaf, en belastingfakture aan die kli\u00ebnte uitgereik met ‘n ho\u00ebr tarief as wat werklik verskuldig was.
\nVolgens die Valke het Le Roux en Du Plessis Bekker die verskil in hul persoonlike bankrekeninge inbetaal.
\nDie saak is tot 20 November uitgestel.
\n