{"id":8384,"date":"2020-08-26T13:57:35","date_gmt":"2020-08-26T11:57:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8384"},"modified":"2020-08-28T16:49:27","modified_gmt":"2020-08-28T14:49:27","slug":"mannejag-geloods-na-skietery-gepoogde-kaping-in-heidelvallei","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mannejag-geloods-na-skietery-gepoogde-kaping-in-heidelvallei\/","title":{"rendered":"Mannejag geloods na skietery, gepoogde kaping in Heidelvallei"},"content":{"rendered":"

Die polisie is opsoek na verskeie gewapende mans wat na bewering vanoggend in twee afsonderlike skietvoorvalle in die Heidelvallei naby Witrivier betrokke was.
\nEen verdagte is reeds aangekeer.
\nVolgens Hi-Tech Sekuriteit se operasionele bestuurder vir Witrivier en Hazyview, Jchaan de Beer, het \u2018n gewapende man \u2018n boer glo om ongeveer 09:30 op sy plaas probeer kaap.
\n\u201cDaar het \u2018n struweling ontstaan en die boer se werker wat saam met hom was, is in die arm geskiet,\u201d s\u00ea De Beer.
\nDit lyk asof slegs die bakkie se sleutel gebuit is. Die aanvaller het saam met sowat vyf ander te voet op vlug geslaan.
\nOp die R37 het hulle in \u2018n skietgeveg betrokke geraak met \u2018n verbyganger en Hi-Tech Sekuriteit, wat ook na hierdie toneel ontbied is.
\nDie verbyganger is toevallig ook \u2018n kli\u00ebnt van Hi-Tech.<\/p>\n