{"id":8273,"date":"2020-08-13T12:50:43","date_gmt":"2020-08-13T10:50:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8273"},"modified":"2020-08-17T15:59:28","modified_gmt":"2020-08-17T13:59:28","slug":"sanparke-waarsku-besoekers-om-by-reels-te-hou","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sanparke-waarsku-besoekers-om-by-reels-te-hou\/","title":{"rendered":"SANParke waarsku besoekers om by re\u00ebls te hou"},"content":{"rendered":"

Verblyfgeriewe heropen Vrydag in die Krugerwildtuin.
\nSANParke het besoekers egter gemaan dat inperkingsregulasies streng afgedwing sal word.
\nInterprovinsiale reise word steeds verbied en inwoners van Mpumalanga mag daarom slegs verblyf in die provinsie gebruik. Die Olifantsrivier word as die grens met Limpopo beskou.
\nDie kampe by Balule, Roodewal, Tamboti, Talamati, Skukuza, Berg-en-Dal, Malelane, Biyamiti, Laer Sabie en Krokodilbrug maak almal m\u00f4re oop vir besoekers van Mpumalanga.
\nSatara en Pretoriuskop sal eers Maandag weer in gebruik geneem word.
\nDie Nasionale Krugerwildtuin se uitvoerende hoof, Gareth Coleman, verduidelik dat hulle in fases heropen.
\n\u201cDie inperkingsregulasies word voortdurend aangepas. Dit is daarom van uiterste belang dat ons ook aanpas om te verseker dat ons besoekers hul ervaring, ondanks die pandemie, geniet.
\n\u201cRe\u00ebls in terme van beskermende kleredrag, opleiding en persoonlike besonderhede sal streng gevolg word. Ons vra dat besoekers saam met ons werk om daarby te hou.\u201d
\nGesigmaskers is verpligtend, en voertuie mag slegs 70% vol wees. Die park het ook gevra dat besoekers hul rommel sover moontlik nie in die wildtuin agterlaat nie.
\nRey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, s\u00ea mense moet \u2018n bewys van hul adresse lewer wanneer hulle besprekings maak.
\n