{"id":8252,"date":"2020-08-12T15:42:49","date_gmt":"2020-08-12T13:42:49","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8252"},"modified":"2020-08-17T15:48:45","modified_gmt":"2020-08-17T13:48:45","slug":"poskantoor-se-lang-toue-mense-hou-meestal-by-covid-reels","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/poskantoor-se-lang-toue-mense-hou-meestal-by-covid-reels\/","title":{"rendered":"Poskantoor s\u00ea lang toue mense hou meestal by Covid-re\u00ebls"},"content":{"rendered":"

Lang rye mense is die afgelope paar dae voor plaaslike poskantore opgemerk.
\nVolgens Johan Kruger, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, is dit hoofsaaklik mense wat die Covid-19 verligtingstoelaag van R350 kom afhaal.
\nHy s\u00ea hulle hou meestal by die regulasies oor fisiese distansi\u00ebring.
\nWaar hulle soms te naby aan mekaar staan, gee hulle dadelik gehoor wanneer hulle gevra word om hul afstand te handhaaf.
\nHulle het ook die polisie gevra om te help, deur mense te vra om weg van mekaar te staan wanneer hulle verby ry, omdat die poskantoor nie oor die mannekrag beskik om buite hul kantore toesig te hou nie.
\n