{"id":8242,"date":"2020-08-12T15:15:22","date_gmt":"2020-08-12T13:15:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8242"},"modified":"2020-08-17T15:42:04","modified_gmt":"2020-08-17T13:42:04","slug":"kmi-bly-operasioneel-ondanks-af-instrument-landingstelsel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kmi-bly-operasioneel-ondanks-af-instrument-landingstelsel\/","title":{"rendered":"KMI bly operasioneel ondanks af instrument-landingstelsel"},"content":{"rendered":"

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het bevestig dat verskeie lughawens se instrument-landingstelsels afgesit is.
\nMaar, dit hinder geensins vlugte nie, s\u00ea Phindiwe Gwebu, bestuurder van korporatiewe dienste by die owerheid.
\nInstrument-landingstelsels se kalibrasie status het verval by O.R. Tambo-lughawe, Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe, King Shaka Internasionale Lughawe en George-lughawe.
\nO.R. Tambo het egter steeds twee landingstelsels wat volledig operasioneel is.
\nBy KMI, King Shaka en George sal vlie\u00ebniers bloot nie in swak weer kan land nie. Gwebu s\u00ea hulle is in kennis gestel en moet hul reistye fyn beplan.
\nVerder gaan vlugte by al die lughawens voort.
\n