{"id":8167,"date":"2020-08-07T12:38:55","date_gmt":"2020-08-07T10:38:55","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8167"},"modified":"2020-08-12T08:37:23","modified_gmt":"2020-08-12T06:37:23","slug":"rugby-begin-weer-in-september","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/rugby-begin-weer-in-september\/","title":{"rendered":"Rugby begin weer in September"},"content":{"rendered":"

Die Phakisa Pumas mag weer rugbywedstryde speel.
\nDit is volgens die nuwe inperkingsregulasies wat Donderdag deur die departement van sport gepubliseer is.
\nDie agt franchise-spanne kon \u2018n paar weke gelede nie-kontak-oefeninge hervat.
\nVolgens SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux, benodig die spanne \u2018n paar weke om vir wedstryde voor te berei.
\n\u201cOns hoop om teen vroeg tot middel September ons eerste wedstryde te kan speel. Ons planne vir die struktuur van die kompetisie sal later aangekondig word, aangesien ons verskeie opsies oorweeg,\u201d het hy in \u2018n verklaring ges\u00ea.
\nBuiten die Pumas sluit dit die Vodacom Bulls, Emirates Lions, Cell C Sharks, DHL Stormers, Toyota Cheetahs, Southern Kings en Tafel Lager Griquas in.
\nDie Pumas het in September verlede jaar laas rugby gespeel.
\nWedstryde moet egter onder streng veiligheidsmaatre\u00ebls geskied.
\nDie regulasies stipuleer dat slegs noodsaaklike personeel wedstryde mag bywoon.
\nToeskouers word dus nie toegelaat nie.
\nDie Pumas se Marius van Rensburg s\u00ea dit is verstaanbaar dat mense se veiligheid eerste moet kom. Hulle sien daarna uit om weer te speel.<\/p>\n