{"id":8118,"date":"2020-08-06T14:59:35","date_gmt":"2020-08-06T12:59:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8118"},"modified":"2020-08-06T15:52:30","modified_gmt":"2020-08-06T13:52:30","slug":"polisie-soek-gewapende-rowers-wat-winkel-in-pienaar-opblaas","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/polisie-soek-gewapende-rowers-wat-winkel-in-pienaar-opblaas\/","title":{"rendered":"Polisie soek gewapende rowers wat winkel in Pienaar opblaas"},"content":{"rendered":"

Die polisie het die gemeenskap gevra om hulle te help om \u2018n groep vas te trek wat glo \u2018n supermark in Pienaar beroof het.
\nVolgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het ongeveer 15 mans die Usave-supermark vroeg Woensdagoggend aangeval.
\nVolgens sekuriteitswagte het hulle toegang verkry deur die winkel se dak.
\nHulle het \u2018n kluis opgeblaas, en \u2018n muur het op een van hulle geval.
\nDie polisie het sy liggaam later dieselfde dag gevind.
\nHlathi het gewaarsku dat die mans glo swaar gewapen is en mense gemaan om hulle nie self te konfronteer nie, maar eerder die polisie te bel.<\/p>\n