{"id":8078,"date":"2020-08-03T15:25:16","date_gmt":"2020-08-03T13:25:16","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8078"},"modified":"2020-08-06T16:00:06","modified_gmt":"2020-08-06T14:00:06","slug":"botaniese-tuin-heropen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/botaniese-tuin-heropen\/","title":{"rendered":"Botaniese tuin heropen"},"content":{"rendered":"

Die botaniese tuin het Maandag uiteindelik weer heropen.
\nAl 11 botaniese tuine in die land was sedert die grendelstaat vier maande gelede ingestel is, vir die publiek gesluit.
\nAangesien hulle nie as natuurreservate of openbare parke geklassifiseer word nie, is spesiale heropeningsre\u00ebls vir die tuine verlede week in die staatskoerant gepubliseer.
\nDaarvolgens mag mense die tuine gebruik vir oefening, soos stap en selfs joga. Groepe wat saam oefen word egter beperk tot vier mense.
\n\u201cDit sal moontlik nie vir die joga-instrukteurs haalbaar wees nie,\u201d s\u00ea die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin se Taki Mamatsharaga.<\/p>\n