{"id":8020,"date":"2020-07-30T13:39:43","date_gmt":"2020-07-30T11:39:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8020"},"modified":"2020-08-06T16:21:50","modified_gmt":"2020-08-06T14:21:50","slug":"desperate-toerisme-rolspelers-weier-om-aftog-te-blaas","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/desperate-toerisme-rolspelers-weier-om-aftog-te-blaas\/","title":{"rendered":"Desperate toerisme rolspelers weier om aftog te blaas"},"content":{"rendered":"

Plaaslike toerismeoperateurs het Donderdagoggend weer in konvooi na die provinsiale regering se kantore opgeruk.
\nDaar was aansienlik minder deelnemers as verlede Woensdag se optog, toe hulle \u2018n brief aan die LUR vir toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Pat Ngomane, oorhandig het.
\nOrganiseerder, Hylton Langley, s\u00ea niks het intussen verander nie, maar mense moenie moed opgee nie.
\n\"\"
\nDie minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het Donderdagmiddag wel \u2018n paar aankondigings gemaak.
\nMense mag nou vir ontspanning reis, en by hotelle tuisgaan, maar slegs binne hul eie provinsies. Voorheen is slegs sakereise toegelaat.
\nDie aandklokre\u00ebl is ook aangepas om eers om 22:00 te begin, wat restaurante se sake behoort te help. Alkoholverkope word wel steeds by restaurante, en elders, verbied.
\n\"\"
\nMarthinus de Bruin van CityBug s\u00ea interprovinsiale reis is van kardinale belang vir hulle.
\nHulle het die optog in hul massas ondersteun, omdat toerisme \u2018n groot deel van hul onderneming uitmaak.
\nDie CityBug gelukbringer, asook die van Canary Walk, het saamgery.
\nVolgens De Bruin is mense skrikkerig om te reis, maar die permitte wat benodig word om \u2018n provinsiale grens oor te steek is ook \u2018n groot kopseer.
\nDie bedryf ly erg skade en ander stede het reeds die Laeveld se groep met hul stadige optogte begin nadoen.<\/p>\n