{"id":7890,"date":"2020-07-22T16:55:14","date_gmt":"2020-07-22T14:55:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7890"},"modified":"2020-07-22T17:05:22","modified_gmt":"2020-07-22T15:05:22","slug":"toerismeoperateurs-maak-hul-stemme-dik-oor-inperkingsregulasies","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/toerismeoperateurs-maak-hul-stemme-dik-oor-inperkingsregulasies\/","title":{"rendered":"Toerismeoperateurs maak hul stemme dik oor inperkingsregulasies"},"content":{"rendered":"

Toerisme rolspelers s\u00ea hulle wil nie aalmoese van die regering h\u00ea nie, hulle wil bloot werk.
\nToerismeoperateurs het Woensdagoggend in hul massas teen die inperkingsregulasies betoog deur stadig in konvooi te ry vanaf Casterbridge-sentrum in Witrivier na Mbombela.
\n\"\"Hylton Langley, \u2018n toergids wat die inisiatief begin het, het \u2018n petisie aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, by die regeringsgeboue oorhandig.
\nDit is deur plaaslike mense wat in toerisme werk, onderteken.
\nIn die petisie vra hulle dat die bedryf so spoedig moontlik toegelaat word om te heropen.
\nHulle wil h\u00ea dat interprovinsiale reis weer moontlik gemaak word, en dat internasionale reisigers teen September weer Suid-Afrika kan besoek.<\/p>\n

Langley s\u00ea die oopmaak van plaaslike toerisme sal help, maar om die meeste mense se oorlewing te verseker, is internasionale besoekers nodig.
\nHy voeg by dat hulle na vyf maande van geen inkomste verdien desperaat is, en noodgedwonge afleggings in hul maatskappye moes doen.<\/p>\n\n

 <\/p>\n

\"\"Oupa Pilane van die Kruger-Laeveld-sakekamer voer aan toerisme is dood, maar dit kan herleef.
\n\u201cOns het baie hardwerkende mans en vroue wat toegewyd is daaraan om die bedryf weer op te bou. Al hierdie mense het ondernemings met harde werk begin.<\/p>\n
http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/OUPA-OOR-SLOW-DRIVE.mp3<\/a><\/audio>\n

\"\"
\n“Ons wil net hard werk en weer werk skep en toerisme groei. Ons kan dit doen,\u201d s\u00ea hy.
\n\u201cOns verstaan daarom nie hoekom ons toegemaak gehou word nie. Ons is die veiligste bedryf, ons moes eerste oopgemaak het.\u201d<\/p>\n

Motors, safari-voertuie, en selfs verskeie CityBug-busse was deel van die optog. Die meeste het borde op hul voertuie aangebring met kentekens soos \u201cRed toerisme\u201d, \u201cToerisme bloei\u201d en selfs \u201cEk betaal al vir 30 jaar getrou belasting, laat ons werk\u201d daarop.<\/p>\n\n\t\t