{"id":7863,"date":"2020-07-21T15:04:33","date_gmt":"2020-07-21T13:04:33","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7863"},"modified":"2020-07-21T15:20:03","modified_gmt":"2020-07-21T13:20:03","slug":"all-black-toets-in-mbombela-van-die-baan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/all-black-toets-in-mbombela-van-die-baan\/","title":{"rendered":"All Black-toets in Mbombela van die baan"},"content":{"rendered":"
SA Rugby beplan nie om vanjaar enige internasionale rugbytoetse aan te bied nie.
\nUitvoerende hoof, Jurie Roux, het tydens ‘n perskonferensie vanmiddag aangedui dat die Springbokke wel moontlik voor die einde van 2020 oorsee kan gaan toer.
\nDie All Blacks sou op 26 September ‘n toets teen die Bokke by Mbombela Stadion gespeel het.
\nDit is nou, minder as 10 weke voor die wedstryd, prakties van die baan.
\nVolgens Roux sal internasionale wedstryde slegs gebeur indien dit tussen Oktober en November afgehandel kan word.
\nDit is egter \u2018n besluit wat deur W\u00eareldrugby geneem moet word. Hy verwag dat dit in die volgende twee weke amptelik aangekondig sal word.
\n\n