{"id":7817,"date":"2020-07-18T13:28:33","date_gmt":"2020-07-18T11:28:33","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7817"},"modified":"2020-07-18T13:28:33","modified_gmt":"2020-07-18T11:28:33","slug":"covid-19-neem-skerp-toe-in-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/covid-19-neem-skerp-toe-in-mbombela\/","title":{"rendered":"Covid-19 neem skerp toe in Mbombela"},"content":{"rendered":"
Covid-19-gevalle neem nou vinnig toe in Mbomebla, maar volgens die gesondheidsdepartement word hospitale nie oorweldig nie.
\nDaar is tans 691 positiewe gevalle in die area, meer as die 653 gevalle die vorige dag.
\nVan hulle het 233 pasi\u00ebnte herstel. Drie mense is weens die virus in Mbombela oorlede. In Mpumalanga staan dit op 44.
\nVolgens die gesondheidsdepartement, word 156 Covid-19-pasi\u00ebnte tans in die provinsie se private en staatshospitale behandel.
\nVan hulle is 12 op ventilators.
\nVolgens Sharon Nkosi, woordvoerder van die departement, het hulle \u2018n totaal van 184 ventilators beskikbaar, en meer is bestel.
\nNompumelelo Mkhatshwa, ook van die departement, s\u00ea mense wat hoes moet seker maak hulle word vir die virus getoets.<\/p>\n\n