{"id":7736,"date":"2020-07-15T09:00:46","date_gmt":"2020-07-15T07:00:46","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7736"},"modified":"2020-07-15T09:00:46","modified_gmt":"2020-07-15T07:00:46","slug":"eienaars-van-ebundu-aangekla-van-bedrog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/eienaars-van-ebundu-aangekla-van-bedrog\/","title":{"rendered":"Eienaars van eBundu aangekla van bedrog"},"content":{"rendered":"
Die eienaars van eBundu Lodge het Dinsdag vir beweerde bedrog in die hof in Mbombela verskyn.
\nZodwa (32) en Sibusiso Tshabalala (41) word aangekla van bedrog en geldwassery.
\nVolgens kapt. Dineo Sekgotodi van die Mpumalanga Valke, het die egpaar na bewering in September 2018, meer as R200 000 se fakture in die lodge se naam uitgereik vir dienste wat nie gelewer is nie, en die geld in hul persoonlike rekenings laat inbetaal.
\nElkeen is op borgtog van R5 000 vrygelaat.<\/p>\n\n