{"id":7637,"date":"2020-07-09T21:11:07","date_gmt":"2020-07-09T19:11:07","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7637"},"modified":"2020-07-09T21:11:07","modified_gmt":"2020-07-09T19:11:07","slug":"grondgrype-al-hoe-meer-rondom-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/grondgrype-al-hoe-meer-rondom-mbombela\/","title":{"rendered":"Grondgrype al hoe meer rondom Mbombela"},"content":{"rendered":"
AfriForum s\u00ea grondgrype word al hoe meer.
\nIn die jongste voorval moes grondeienaars in die Cromdale-omgewing \u2018n hofbevel kry om besetters van hul grond af te laat verwyder.
\nHennie Bekker, distrikskoordineerder van AfriForum, s\u00ea hulle is tans in die proses om die hofbevel uitgevoer te probeer kry. Hulle hoop die situasie sal teen Vrydag opgelos wees.
\nDie burgerregte-organisasie moes einde verlede jaar self \u2018n hofbevel kry om \u2018n grondgryp in die Cairn-omgewing te keer.
\nSedertien het pogings om grond onwettig te beset toegeneem \u2013 met \u2018n soortegelyke voorval wat hom net verlede week in dieselfde area afgespeel het.<\/p>\n\n