{"id":7630,"date":"2020-07-09T15:20:28","date_gmt":"2020-07-09T13:20:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7630"},"modified":"2020-07-09T15:20:28","modified_gmt":"2020-07-09T13:20:28","slug":"sabie-inwoners-al-vir-dae-sonder-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sabie-inwoners-al-vir-dae-sonder-water\/","title":{"rendered":"Sabie-inwoners al vir dae sonder water"},"content":{"rendered":"
Inwoners van Sabie het al vir twee dae nie water nie. Dit nadat hul watertoevoer verlede week vir vyf dae onderbreek is.
\nGwilym Rees, die voorsitter van die Sabie-belastingbetalersvereniging, s\u00ea die hoof-pompstasie van die dorp se enigste waterpomp is buitewerking. Dit sal na verwagting eers teen Sondag herstel wees.
\nVolgens Rees voorsien Thaba Chweu-munisipaliteit inwoners van water met \u2018n tenk, maar dit is onvoldoende.
\nDaar is al vir ten minste agt jaar geen bystandpomp nie.<\/p>\n\n