{"id":7596,"date":"2020-07-03T15:39:43","date_gmt":"2020-07-03T13:39:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7596"},"modified":"2020-07-03T15:39:43","modified_gmt":"2020-07-03T13:39:43","slug":"president-loof-provinsie-vir-reaksie-op-covid-19","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/president-loof-provinsie-vir-reaksie-op-covid-19\/","title":{"rendered":"President loof provinsie vir reaksie op Covid-19"},"content":{"rendered":"
President Cyril Ramaphosa het Vrydag Mbombela besoek om ondersoek in te stel na die provinsie se reaksie op Covid-19.
\nHy het aangedui dat hy tevrede is, veral omdat Mpumalanga se strategie ook daarop fokus om kwesbare mense te beskerm.
\nRamaphosa is op sy besoek vergesel deur die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize; minister in die presidensie, Jackson Mthembu; minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sowel as Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.
\nDie toer is afgeskop by die provinsiale bevelsraad, gevolg deur ‘n besoek aan Cyril Clarke Sekond\u00ear in Mattafin en afgesluit by Rob Ferreira-hospitaal.
\nRamaphosa het Mpumalanga geloof vir hul reaksie op die Covid-19-pandemie.<\/p>\n\n