{"id":7522,"date":"2020-06-29T11:58:32","date_gmt":"2020-06-29T09:58:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7522"},"modified":"2020-06-29T12:23:54","modified_gmt":"2020-06-29T10:23:54","slug":"taxi-geweld-in-mbombela-se-sakekern","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/taxi-geweld-in-mbombela-se-sakekern\/","title":{"rendered":"Taxi-geweld in Mbombela se sakekern"},"content":{"rendered":"
Motoriste is gevra om die area rondom die taxistaanplek in Mbombela se sakesentrum te vermy.
\nVerskeie paaie is sedert vanoggend in die area versper.
\nVolgens Cyril Dlamini, woordvoerder van die provinsiale departement van openbare werke, het dit te make met die taxivereniging Santaco se lede.
\nHulle het gister aangekondig dat hulle weer 100% van hul kapasiteit passasiers wil vervoer.
\nJacques Meiring van Divergent Ops het gewaarsku dat Samora Machelrylaan ook afgesper is naby Ho\u00ebrskool Nelspruit se sportgronde en dat vullis in die pad gebrand word.
\nVolgens Dlamini moet die areas liefs vermy word. Die polisie is op die toneel.<\/p>\n\n